top of page

BEDIENING

1 Petrus 4:10

“Elkeen van julle moet die genadegawe wat hy ontvang het, gebruik om mekaar daarmee te dien, as goeie bestuurders van die veelvuldige genade van God.”

 

Bediening is die daad om ander met liefde en deernis te dien, ongeag hul ouderdom of agtergrond. Dit beteken om met die hart van Jesus uit te reik na mense se fisiese, emosionele en geestelike behoeftes. Of dit nou deur gebed, bemoediging, hulp of bloot teenwoordigheid is – ware bediening wys God se liefde prakties uit. 

IMG_5375_edited_edited.jpg

Aanbiddingsspan

Ons Aanbiddingspan is die hartklop van ons oggenddienste en lei ons in lof en aanbidding tot ons Here. Deur musiek, sang, projeksie en klank skep hulle ’n atmosfeer waar die teenwoordigheid van God beleef kan word. Elkeen in die span dra met toewyding by om Jesus te verheerlik en die gemeente te bedien. Ons glo dat aanbidding ’n sleutel is tot ’n diep ontmoeting met God.

Profetiese Span

Die profetiese span is deel van die roeping van Lewende Woord en was van die stigting van die gemeente aktief.  Die span is daarop gerig om God se hart vir sy gemeente te verwoord deur Heilige Gees leiding en saam te bid. Jesus is die middelpunt van hierdie bediening.  Die span kom weekliks byeen. Lees meer oor hoe om betrokke te raak.

Profeties_edited.jpg
three-young-people-sitting-field-reading-book-generative-ai_edited.jpg

Mountain Movers Jeug

Mountain Movers is ons jeugbediening vir tieners wat geestelik wil groei en sterker wil staan in hulle geloof. Hier leer hulle wie hulle in Christus is, hoe om die Woord van God toe te pas, en hoe om ’n impak in hulle wêreld te maak. Deur Bybelse onderrig, gebed, lofprysing en sterk verhoudings word hulle toegerus om ware dissipels vir die koninkryk van God te wees. Dit is ’n plek van aanvaarding, groei en vuur vir Jesus.

Lewende Lyfies Kinderkerk

Lewende Lyfies Kinderkerk vind elke Sondag tydens die diens plaas en is ’n spesiale ruimte waar kinders op ’n kreatiewe en toeganklike manier van Jesus Christus leer. Hulle ontdek meer oor die Heilige Gees, hoe om te bid en hoe om die Here met lof en aanbidding te eer. Ons doel is om ’n sterk geestelike fondasie in kinders se lewens te lê vanaf ’n jong ouderdom. Die bediening is vol pret, liefde en waarheid – en elke kind is welkom.

BFC07871-44BF-4F86-951E-6AC6F17E28A5_edited.jpg
Gebed_edited.jpg

Gebedsbediening

Ons Gebedsbediening is daar om mense in moeilike tye by te staan deur gebed en liefdevolle ondersteuning. Ons loop ’n pad saam met individue, bied gebedsessies aan vir innerlike genesing, en skep ’n veilige ruimte waar mense kan kom praat en bid. Enige iemand kan ’n gebedsversoek indien of ’n afspraak maak vir persoonlike gebed. 

Lewensgroepe

Lewensgroepe is kleiner byeenkomste wat elke week plaasvind en fokus op die teksverse en tema van die Sondagdiens. Dit is ’n plek van groei, gemeenskap en geestelike verdieping – jou tweede familie in die geloof. Binne hierdie groepe word jy gesien, gehoor en ondersteun in jou geestelike reis. Ons leiers is toegewyd om vir jou in te tree in gebed en saam met jou God se pad vir jou lewe te ontdek.

Lewensgroep_edited.jpg

Vrouebediening

Ons vrouebediening bestaan uit ’n dinamiese groep vroue wat gereeld funksies en geleenthede vir vroue reël om geloof, verbondenheid en bemoediging te bevorder. Hulle skep ruimtes waar vroue geestelik kan groei, mekaar ondersteun en saam in Christus versterk word. Hierdie bediening is ook daar om moederskap te ondersteun en vroue aan te moedig in elke seisoen van hul lewe. Dit is ’n plek van gemeenskap, genesing en geestelike verdieping vir elke vrou.

25793_edited_edited.jpg
8548_edited_edited_edited.jpg

Men with  a  Legacy & Mannedae

Men with a Legacy is ’n mannebediening wat fokus op die vorming van sterk, Godvresende mans wat ’n nalatenskap van geloof en integriteit agterlaat. Deur gereelde samekomste, Bybelstudie en gebed word manne toegerus om hul rolle in die huis, kerk en gemeenskap met geloof en standvastigheid te vervul. Dit is ’n ruimte waar broederskap versterk word en manne mekaar geestelik ondersteun. Ons glo dat elke man geroep is om ’n verskil te maak – nou en vir die generasies wat volg.

Rustic Bread Loaf

Etenstyd Engele

Ons Etenstyd Engele is ’n toegewyde bediening wat met liefde en sorg omsien na die fisiese behoeftes van ander. Onder leiding van Koos en Mariët Smit, verseker hierdie span dat die bejaardes by Kannabas drie maal per week ’n gesonde bord kos ontvang. Hulle reël ook ’n jaarlikse broodjieprojek wat meer as 70 laerskoolkinders met middagete ondersteun. Buiten hul diensbaarheid in die gemeenskap, is hulle ook die bobaas baksters wat sorg vir lekkernye ná Sondagdienste en bestuur die kerk se kombuis, nagmaal en funksie-etes met uitnemendheid.

GEMEENSKAPSPROJEKTE

Ons eksterne gemeenskapsbedieninge funksioneer as afsonderlike entiteite, maar bly steeds ’n integrale deel van Lewende Woord se roeping om ons gemeenskap te dien. Hierdie projekte word met toewyding deur ons gemeente bestuur en gedryf, en elkeen beskik oor sy eie bankrekening en bestuurspan om volhoubaarheid en deursigtigheid te verseker. Alhoewel hulle apart opereer, is hulle verbind tot dieselfde hartklop van liefde, diensbaarheid en transformasie. Deur hierdie bedieninge bring ons lig en hoop na verskeie dele van ons dorp en omliggende gebiede.

Step Foundation

Step Foundation is ’n openbare nie-winsgewende organisasie in Lydenburg wat fokus op die opheffing van minderbevoorregte individue. Hulle bied ondersteuning deur klere, huisware, basiese kruideniersware en vaardigheidsontwikkeling aan, en moedig gemeenskapsdeelname aan deur beloningsgebaseerde projekte. Die organisasie voorsien ook vroeë kinderontwikkeling, huiswerkhulp en ouerbegeleiding. Step Foundation is afhanklik van donasies en inkomste uit hul tweedehandse winkel, waarmee hulle hul sorgsentrum in Lydenburg se hoofstraat ondersteun.

Cluster Foster Care

Die Step Foundation Kinder- en Pleegsorgondersteuningsinisiatief fokus op die ondersteuning van gesinne wat kinders in nood opneem en vir hulle ’n veilige, liefdevolle omgewing bied. In samewerking met plaaslike maatskaplike werkers help die program om beide kinders en hul pleegouers emosioneel en prakties te ondersteun. Daar word ook gefokus op die herstel en bemagtiging van ouers om ’n stabiele fondament vir kinders te skep. Die inisiatief is daartoe verbind om pleegsorg te versterk en ’n blywende verskil te maak in die lewens van kwesbare kinders in ons gemeenskap.

Jethro Group Sendingwerk

Jethro Group Sendingwerk is ’n bediening wat fokus op die geestelike en praktiese ondersteuning van gemeentes in oorwegend landelike gebiede. Hulle bedien elke week die Woord in verskeie plaaslike kerke en help met konferensies vir kerkleiers, vroue en jongmense. Waar moontlik, neem hulle ook basiese benodigdhede soos mieliemeel, klere en Bybels saam om die gemeentes te bemoedig. Die span bied ook opleiding in finansiële geletterdheid en klein besigheid, wat reeds gelei het tot projekte soos groentetuine, kleremaak en karwassentrums – alles gerig op selfstandigheid en volhoubare ontwikkeling in afgeleë gemeenskappe.

16273.jpg

Jethro Group GBV Extractions

Jethro Group Extractions is ’n bediening wat slagoffers van gesinsgeweld, verkragting, prostitusie en mishandeling bystaan. In vennootskap met organisasies soos Brave to Love en Unchain Our Children bied hulle praktiese hulp en toegang tot traumaterapie. Hulle werk saam met safehouses, SAPD en welsynsorganisasies om vroue en kinders na veiligheid te lei. Sedert 2019 het hulle reeds baie lewens geraak en bly hulle ’n betroubare steunpilaar in Lydenburg.

Terms & Conditions

Privacy Policy

Accessibility Statement

©2035 by Trinity Urban Church. Powered and secured by Wix

KONTAK ONS

R540, Lydenburg, Dullstroom, 1110

  • White Instagram Icon
  • White YouTube Icon
  • White Facebook Icon
Lewende Woord Logos_Transparent Wit Afrikaans Landscape.png

Baie dankie!

bottom of page