top of page
three-young-people-sitting-field-reading-book-generative-ai_edited.jpg
image.png

JEUGBEDIENING

Matteus 17:20

Mountain Movers is ons dinamiese jeugbediening waar jongmense toegerus word om sterk in hul geloof te staan en ’n verskil te maak in die wêreld rondom hulle. Ons glo dat God groot dinge deur jong harte kan doen wanneer hulle in geloof opstaan. Soos Jesus sê in Matteus 17:20: “As julle geloof het so groot soos ’n mosterdsaadjie, sal julle vir hierdie berg sê: ‘Gaan hierheen van hierdie kant af na daardie kant toe,’ en dit sal gaan. Niks sal vir julle onmoontlik wees nie.” Hier leer ons saam, aanbid ons saam, en groei ons saam — bergverskuiwers in Christus!

WIL JY BETROKKE RAAK?

Mountain Movers is ons jeugbediening wat elke Maandag om 18:00 by Lewende Woord plaasvind. Dit is ’n veilige plek waar jongmense die Here beter leer ken en ’n persoonlike verhouding met Hom kan bou. Hier help ons elkeen om hul identiteit in Christus te ontdek, sodat hulle met selfvertroue kan leef sonder om vasgevang te wees in wat ander van hulle dink. Dit is ook ’n plek van kuier, praise en worship, waar jy saam met ander jongmense wat dieselfde waardes deel, kan groei, lag en sommer net lekker fun hê — al beteken dit om soms uit jou comfort zone te klim!

IMG_4914.JPG

About

Kontak ons Jeugleier

Annieka van Dyk 

Vir meer informasie en presiese datums van Jeugaksies, sien die kalender.

EDD4C317-F0C4-4CB0-8A35-057D8FD2C937.JPEG

Terms & Conditions

Privacy Policy

Accessibility Statement

©2035 by Trinity Urban Church. Powered and secured by Wix

KONTAK ONS

R540, Lydenburg, Dullstroom, 1110

  • White Instagram Icon
  • White YouTube Icon
  • White Facebook Icon
Lewende Woord Logos_Transparent Wit Afrikaans Landscape.png

Baie dankie!

bottom of page