top of page
image.png

MANSBEDIENING

1 Kor 16:13

Men with a Legacy is ons mannebediening waar mans bymekaarkom om mekaar geestelik te versterk, in geloof te groei en ’n nalatenskap van geloof, integriteit en leiding agter te laat. Hier bou ons verhoudings, leer saam uit die Woord, en ondersteun mekaar om die rol van geestelike leiers in ons huise, werk en gemeenskap met oorgawe te vervul. Ons glo dat God elke man geroep het om ’n verskil te maak — nie net nou nie, maar vir die generasies wat volg. Soos 1 Korintiërs 16:13 sê: “Wees waaksaam, staan vas in die geloof, wees moedig, wees sterk.”

MANNEDAE @ WILLIE

Elke kwartaal hou ons ’n Mannedag op Willie se plaas – ’n spesiale dag vir manne van alle ouderdomme om saam te kuier, geestelik versterk te word, en nuwe vriendskappe te bou. Dit is ’n informele dag gevul met kragtige Woordbediening, heerlike kos, koffie, koeldrank en natuurlik die egte kameraderie van broederskap. Jy hoef net jouself en ’n vriend saam te bring – alles is gratis en oop vir enige man wat ’n nalatenskap van geloof wil bou.

About

Kontak ons Hoof van Mansbediening

Willlie Roeloffze

Vir meer informasie en presiese datums sien die kalender.

6F7E92BF-05A7-4C95-B98C-91C7075AAD9D.JPEG

Terms & Conditions

Privacy Policy

Accessibility Statement

©2035 by Trinity Urban Church. Powered and secured by Wix

KONTAK ONS

R540, Lydenburg, Dullstroom, 1110

  • White Instagram Icon
  • White YouTube Icon
  • White Facebook Icon
Lewende Woord Logos_Transparent Wit Afrikaans Landscape.png

Baie dankie!

bottom of page